Wie is Kuberskool?

Kuberskool is deel van Orania CVO-skool en bied toegang tot ons skool se uitnemende onderrig en alle aktiwiteite aan gesinne wat ons waardes en beginselgrondslag deel en graag hulle kinders by die huis deur ons onderwysers wil laat onderrig.

Kuberskool maak gebruik van handboeke, skyfieaanbiedinge, lewendige klas- en lesopnames en stemboodskappe wat vir leerlinge ’n onderrig- en leergeleentheid skep buite die fisiese beperkings van die tradisionele klaskamer se mure met behulp van ’n e-leerstelsel.

Wat maak Kuberskool anders?

Kuberskool is ‘n skool-by-die-huis produk waar skoolkultuur- en dissipline neergelê word in ‘n huislike omgewing. Leerlinge wat Kuberskool gebruik, volg dieselfde kurrikulum as die leerlinge in die graad en Kuberskool bied ‘n reeks interaktiewe voordele wat die leerervaring verryk.

Kuberskool is onderrig van ‘n kind by die huis wat deur ervare onderwysers aangebied word met behulp van ‘n aanlynplatform en binne ’n gestruktureerde kurrikulum bestuur word. Die ouer speel ‘n ondersteunende rol.

Image
BPC REPORT 4: 1.1.8 Free 15/04/2024 04:01:20 Active Has SSL Checklist Table Built