Kuberskool

Kuberskool
Teken in
Kuberskool

Waardes

Kuberskool vorm deel van Orania CVO-skool en onderskryf die Christelike grondslag van die skool. Gesinne wat ons waardes deel, kan met vrymoedigheid hulle kinders deur ons onderwysers laat onderrig. 

Skool-by-die-huis

Kuberskool is nie 'n tuisskoolproduk nie, maar 'skool-by-die-huis'. Hierdeur word dissipline en struktuur neergelê in 'n huislike omgewing. Kuberskool-leerlinge volg dieselfde rooster as leerlinge wat fisies klasloop. Hierdeur word 'n gesonde werksetiek bevorder. 

Buitemuurse aktiwiteite

Om deur Kuberskool onderrig te ontvang, moet jy inskryf by ons skool en bied dit leerlinge ook toegang tot ons skool se verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite.


Aansoeke 2021

Dit is noodsaaklik dat jy betyds met ons in verbinding tree. Aansoeke vir 2021 is nou oop. Kliek eenvoudig op die skakel hieronder en vul u kind se besonderhede hier in. Ons sal u skakel en reël vir die volledige aansoekproses wat ook ‘n onderhoud met die skoolbestuur insluit. Fooie is op aanvraag beskikbaar.

Aansoekvorm

Gereelde vrae

Ja, Kuberskool is juis tot stand gebring om kinders buite Orania se grense te bedien. Kinders word as normale leerlinge hanteer. Klasbywoning is verpligtend en word deurlopend gekontrolleer.
Ons is ‘n trotse Afrikaanse skool en daarom is ons onderrigtaal Afrikaans.
Ons is ‘n Afrikanerskool met 'n Christelike (gereformeerde) grondslag. Geloof en kultuur vorm ‘n inherente deel van die kind se waardestel by ons skool.
Kuberskoolfooie is gelykstaande aan Orania CVO se gewone skoolfooie. Daar is jaarliks ‘n inskrywingsfooi en enkele ander koste vir sommige buitemuurse aktiwiteite. Skoolfooie wissel volgens fase en word jaarliks in Januarie aangepas.
Elke voornemende Kuberskoolleerling moet internettoegang hê. Hoewel 'n rekenaar aanbeveel word, kan Kuberskool ook op tablette en selfone gebruik word.

  • kuberskool.co.za
  • 053 207 0177
  • navrae@kuberskool.co.za
KuberskoolAlle regte voorbehou
Kry die slimfoontoep