KUBERSKOOL
Wie is ons?
Kuberskool is deel van Orania CVO-skool en bied toegang tot ons skool se uitnemende onderrig en alle aktiwiteite aan gesinne wat ons waardes en beginselgrondslag deel en graag hulle kinders by die huis deur ons onderwysers wil laat onderrig.

Deel van Orania CVO-skool
Wat is die voordele van Kuberskool?
Jy word deel van ‘n fisiese skool hoewel jy nie daagliks op die terrein teenwoordig is nie.
Jy ontvang elke dag aanlyn onderrig en word aangemoedig om volgens ‘n rooster te werk.
Jy ontvang gehalte onderrig in Afrikaans volgens ons skool se Christelike waardes.
Jy kry toegang tot sport- en kultuuraktiwiteite, asook verskeie geleenthede wat deur die skool aangebied word.
Gehalteversekering vind plaas deur deurlopende assessering en die ouer is altyd op hoogte van die kind se vordering.

Hoe word ek ’n leerling van Kuberskool?
Doen aanlyn aansoek – sodra die aansoek ontvang is sal die skool vir u ‘n e-pos stuur met ‘n lys van die relevante inligting wat benodig word.
Toelatingsonderhoud: Indien die inligting in orde is, sal die skoolhoof ‘n fisiese of virtuele onderhoud met die leerling en ouers voer.
Inskrywingsvorms: Indien die toelatingsgesprek suksesvol is, sal die skool die nodige inskrywingsvorms en dokumente aan u stuur.
Aktivering: Sodra die inskrywingsfooi betaal is, sal jy as ‘n leerling op die e-leerstelsel bygevoeg word en sal ‘n unieke gebruikersnaam en wagwoord aan jou verskaf word.
Wat is die voorwaardes ?
Formele toelatingsproses: Daar is ‘n formele toelatingsproses en voorwaardes wat dieselfde is as Orania CVO-skool se toelatingsbeleid.
Gedragskode en waardestelsel: Jy moet ‘n leerling van die skool word en die gedragskode en waardestelsel van die skool onderskryf.
Akademiese vereistes: Jy moet aan sekere akademiese vereistes voldoen.
Buitemuurse aktiwiteite: Jy kan aan sport- of kultuuraktiwiteit van die skool deelneem.
Laai ons inligtingsbrosjure af

Hoe werk Kuberskool?
Jy skakel elke dag in op Kuberskool en ontvang jou daaglikse en weeklikse vakinhoud. Sodoende word leerlinge aangemoedig om deurlopend te werk.
Fooie vir 2022
Skoolfooie is maandeliks betaalbaar vir 12 maande.
Inskrywingsfooi
R 450
Betaalbaar
by registrasie
Opsie 1
R 1,600 /maand
Maandelikse fooi
betaalbaar
Opsie 2
R 13,680 /jaar
Jaarfooi vooruit betaalbaar
5% afslag
DIE SPAN BY KUBERSKOOL

Mev. Marelize van Zyl
Bedryfshoof

Mnr. Johan de Klerk
Skoolhoof

Mnr. Victor Correia
Stelseladministrateur en Opleiding

Mej. Marieta Marais
Graadkoödineerder (Intermediêre fase)

Mev. Andrea van Rensburg
Graadkoödineerder (Grondslagfase)

Mej. Cindy Chilvers
Assistent en Administrasie

Mnr. Jaco Kleynhans
Bemarking

Mnr. Willie Nel
Voorsitter Opvoedingsraad
DIE SPAN BY KUBERSKOOL

Mev. Marelize van Zyl
Bedryfshoof

Mnr. Johan de Klerk
Skoolhoof

Mnr. Victor Correia
Stelseladministrateur en Opleiding

Mej. Marieta Marais
Graadkoödineerder (Intermediêre fase)

Mev. Andrea van Rensburg
Graadkoödineerder (Grondslagfase)

Mej. Cindy Chilvers
Assistent en Administrasie

Mnr. Jaco Kleynhans
Bemarking
